Wonder u waarom dit so lank vat vir u SARS krediet om uit te betaal?
Hier is die mees algemene redes:
1. U inkomstebelasting opgawe is geselekteer vir verifikasie of oudit.
2. U bankbesonderhede moet geverifieer word.
3. U het uitstaande opgawes.
4. U het uitstaande skuld.
U het 21werksdae om die vereiste relevante dokumente by SARS in te dien.
Daarna het SARS òòk 21 werksdae om die dokumente te verifieer. Die krediet moet binne 72uur nadat navraag afgehandel is, uitbetaal word.
Het u hulp nodig met u belastingnavrae?
